Akkommodasie
    ATKV-Lidmaatskap
    Besienswaardighede
    Besoekersvoorwaardes
    Besprekings bepalings en voorwaardes
    Besprekingsversoek (aanlyn)
    Besprekingsversoek (drukbaar)
    Dagbesoekers (slegs ATKV-lede)
    Dagboek
    Historiese Oorsig
    Kiekiekyk
    Kontakbesonderhede
    Ontspanning
    Oordplan
    Puntestelsel vir bespreking
    Reisigersinligting
    Restaurant
    Roetekaart
    Sê jou sê
    Sosiaal maatskaplik
    Spesiale Aanbiedinge en Promosies
    Tariewe
    Virtuele Toere
    Wat sê die besoekers
    Waterveiligheid
Besprekings bepalings en voorwaardes

Bepalings en voorwaardes vir aanlynbesprekings by die ATKV-oorde

1. Die besprekingsversoek is slegs ’n aansoek om huisvesting en is nie ’n amptelike bespreking nie.  Die bespreking word eers bevestig sodra die oord die dokument van bevestiging vir die besprekingsversoek gestuur het.
2. Vyftig persent van die koste van die totale verblyfrekening (BTW ingesluit) is betaalbaar as deposito en moet voor of op die keerdatum betaal word om die bespreking te bevestig.
3. Deposito’s wat reeds betaal is, sal nie terugbetaal word indien die bespreking gekanselleer word nie.  Geen geld word ook terugbetaal nie wanneer gaste die oord vroeër verlaat as wat bespreek is (sien kansellasiebeleid).
4. Betaling van deposito’s moet geskied voor of op die keerdatum wat op die besprekingsversoek van die oord af verskyn om besprekings te bekragtig.
5. Versuim om die deposito voor of op die keerdatum te betaal, sal daartoe lei dat die bespreking sonder vooraf kennisgewing gekanselleer word.
6. Alle uitstaande koste moet voor aankoms vereffen wees.
7. Alle veranderings aan die bespreking moet skriftelik geskied.
8. Debietkaarte sowel as Visa- en Master-kredietkaarte en elektroniese oorbetalings word aanvaar.
9. Slegs bankgewaarborgde tjeks word aanvaar.
10. Besprekings (BTW ingesluit @ 14%) is van toepassing.
11. Spesiale tariewe geniet aandag volgens aanvraag en indien moontlik.
12. Aankoms- en vertrektye:
Oord Aankomstyd Vertrektyd
ATKV-Buffelspoort 14:00 09:00 (12:00 buite seisoen)
ATKV-Drakensville 14:00 10:00 (12:00 buite seisoen)
ATKV-Eiland Spa 14:00 10:00 (12:00 buite seisoen)
ATKV-Goudini Spa Ma. – Sa. 14:00
So. 16:00 10:00 (12:00 buite seisoen)
ATKV-Hartenbos 14:00 09:00 (12:00 buite seisoen)
ATKV-Klein-Kariba 14:00 9:00 (12:00 buite seisoen)
ATKV-Natalia 14:00 09:00 (12:00 buite seisoen)
13. Met aankoms vind registrasie plaas en die besoeker teken ’n vrywaringsvorm wat die oord vrywaar teen enige aanspreeklikheid indien ’n besoeker beserings opdoen of verliese ly.   Die besoeker teken ook ’n vorm waarmee hy onderneem om die oord se reëls na te kom.
14. Alle versoeke vir die Desember/Januarie- en Maart/Aprilvakansie word op ’n waglys geplaas en plektoekennings geskied volgens die kriteria van die puntestelsel.
15. Geen troeteldiere word toegelaat nie – behalwe gidshonde vir blindes en swaksiendes.
16. Tariewe is onderhewig aan veranderings sonder vooraf kennisgewing.
17. Alle versoeke om huisvesting vir Desember/Januarie en Maart/April word op 'n waglys geplaas. 'n Afsnydatum vir versoeke oor hierdie tydperke sal duidelik gekommunikeer of aangedui word. 'n Versoek om huisvesting word beperk tot slegs een eenheid of staanplek. Die toekenning van verblyf na aanleiding van u versoek geskied volgens die ATKV se puntestelsel. Indien u meer inligting oor die ATKV se puntestelsel verlang, klik asseblief op die skakel, Punte vir bespreking
18. Indien u oor VakansieRande beskik, sal dit slegs in berekening gebring word as u aansoek suksesvol is.

KANSELLASIEBELEID

Alle kansellasies moet die oord op skrif bereik.

1. Vir kansellasies langer as 30 dae voor die aankomsdatum word 25% van die aangevraagde deposito verbeur.
2. Vir kansellasies tussen 16 tot 29 dae voor die aankomsdatum word 50% van die aangevraagde deposito verbeur.
3. Vir kansellasies tussen 0 en 15 dae voor die aankomsdatum word 100% van die aangevraagde deposito verbeur.
4. In die geval van kansellasie weens sterfte (of ander aanvaarbare redes waaroor die betrokkene geen beheer het nie) word slegs  administrasiegeld van R50 gehef wanneer stawende bewyse verskaf word.
Oorplasing van besprekings na ander ATKV-vakansieoorde
Indien huisvesting beskikbaar is en ’n bespreking van een ATKV-oord na ’n ander ATKV-oord oorgeplaas word, word 10% van die aangevraagde deposito verbeur met ’n minimum van R50.



[Terug na die vorige bladsy][Terug na bo]