Akkommodasie
Kom bly in een van ons ruim, volledig toegeruste 4-bed rondawels of in een van ons duplekswoonstelle. Elke eenheid is toegerus met 'n televisie, mikrogolfoond, kook- en braaigeriewe. Die televisiekanale sluit kanale e-TV, TV1,2 en 3, Mnet, Supersport, Discovery en die tekenprentkanaal in en meeste van ons ontspanningsgeriewe is gratis.
Meer kieskeurige gaste kan in die Bolandkompleks tuisgaan. Elke huis in die kompleks het ses of agt beddens. Eie-soortige kenmerke van dié ontwikkeling is onderdak-parkering, moderne braaifasiliteite, `n privaat swembad wat soos 'n natuurlike seeswembad gevorm is en 'n lapa, wat dit ook ideaal maak vir konferensiegroepe om by tuis te gaan.
Ons het natuurlik ook 'n woonwapark waar gaste in hul eie woonwaens kan kampeer op een van 54 staanplekke. Elke staanplek is toegerus met `n kragpunt en daar is 'n gerieflike ruim gerieweblok in 'n pragtige omgewing. ATKV Goudini word ook gekenmerk as die gesogte en grootste konferensiefasiliteit in die Wes-Kaap.
Breek gerus weg na die pragtige nuwe Slanghoek Villas.
Slanghoek Villas bied dertig luukse wooneenhede, elk met slaapplek vir ses persone. Elke slaapkamer het sy eie veranda en daar is lugverkoeling in die hoofslaapkamer en leefarea, 'n kaggel in die sitkamer en 'n onderdakbraai op die stoep.
|