|
Roetekaart
Roeteaanwysing vanaf Johannesburg Volg die N1 vanaf Johannesburg na Worcester. Op die N1 by Worcester sal u 'n verkeerslig kry. Gaan reguit oor en hou op die N1 tot u by 'n tweede verkeerslig kom. Gaan reguit oor hierdie verkeerslig ook en hou nog steeds op die N1 totdat u 'n derde verkeerslig kry. Gaan reguit oor die verkeerslig ook, nog steeds op die N1. U sal net na die derde verkeerslig 'n Shell Ultra City op u regterhand sien en op linkerkant Rainbow Chickens se ingang na van hulle hoenderplase. Hou nog steeds reguit aan op die N1. Omtrent 600 meter verby Rainbow Chickens se ingang sal u 'n afdraai aan u linkerkant kry wat sal s136 - R101 Rawsonville en Goudini. Draai links af op die R101. Hou reguit aan op die R101 vir sowat 15km. U sal 'n kruising kry waar u links kan afdraai na Rawsonville en regs na Goudiniweg. MOET NIE REGS DRAA NIE !!! Gaan reguit oor die kruiwing en hou op die R101. Sowat 600 meter verder sal u 'n tweede kruising kry waar u weer kan links draai na Rawsonville of regs na Slanghoek. DRAAI NOU REGS NA SLANGHOEK. Ry vir ongeveer 4 km en draai dan regs af van die Slanghoek pad. Ongeveer 300 meter verder sal u die ingang na ATKV-Goudini Spa op u linkerkant sien. Welkom! Roeteaanwysing vanaf Kaapstad Internasionale Lughawe / Kaapstad Wanneer u die lughawe verlaat, gaan reguit oor die stel verkeersligte net buite die lughawe in die rigting van die N2. Ongeveer 1 km uit die parkeer area by die lughawe draai u links op die N2 in die rigting van Strand / Somerset Wes / Stellenbosch. Ry vir ongeveer 3 km op die N2 en draai dan links af op die R300. Hou reguit aan op die R300 vir ongeveer 20 km en volg die aanwysings om op die N1 te kom. Die R300 sal na regs swaai en aansluit by die N1. Hou reguit aan op die N1 wat u uit die stad sal neem. ATKV-Goudini Spa is ongeveer 60 km verder. Nog steeds op die N1 sal u Paarl aan u linkerkant sien en net na Paarl sal u die tolhekke vind wat u onder deur die berg met die Huguenote Tonnel sal neem na Worcester. Gaan deur die tolhekke nog steeds op die N1 en hou reguit aan met die N1. Nadat u deur die tonnel is, sal u sien dat die pad 'n dubbel laan na Worcester raak. Hou net reguit aan nog steeds op die N1 in die rigting van Worcester. Ongeveer 15 km nadat u uit die tonnel is, word die dubbel laan weer 'n enkel laan na Worcester. Net 1 km nadat die N1 weer 'n enkel laan raak, is daar 'n weegbrug op u regterhand en net voor die weegbrug is daar 'n afdraai na regs wat sal lees - R101 Rawsonville en Goudini. Draai regs op die R101 na Rawsonville. Ry vir ongeveer 8 km totdat u 'n kruising kry waar u kan links draai na Slanghoek of regs na Rawsonville. DRAAI LINKS NA SLANGHOEK Ry vir ongeveer 4 km en draai dan regs af van die Slanghoek pak. Ongeveer 300 meter verder sal u die ingang na die ingang van ATKV-Goudini Spa op u linkerkant sien. Welkom! |