Akkommodasie
    ATKV-Lidmaatskap
    Besienswaardighede
    Besoekersvoorwaardes
    Besprekings bepalings en voorwaardes
    Besprekingsversoek (aanlyn)
    Besprekingsversoek (drukbaar)
    Dagbesoekers (slegs ATKV-lede)
    Dagboek
    Historiese Oorsig
    Kiekiekyk
    Kontakbesonderhede
    Ontspanning
    Oordplan
    Puntestelsel vir bespreking
    Reisigersinligting
    Restaurant
    Roetekaart
    Sê jou sê
    Sosiaal maatskaplik
    Spesiale Aanbiedinge en Promosies
    Tariewe
    Virtuele Toere
    Wat sê die besoekers
    Waterveiligheid
Besoekersvoorwaardes

Ons bring graag die volgende onder u aandag:

1. Die persoon wat hierdie voorwaardes ontvang, onderneem om dit onder die aandag van al die lede van sy groep te bring en aanvaar aanspreeklikheid daarvoor dat al die lede van sy groep die bepalings hiervan nakom.

2. Die reg van toegang word voorbehou. 'n Persoon wat hom na die oordeel van die Oordbestuurder of enigeen van sy personeellede wangedra, moet op versoek die terrein verlaat. Toegangsgelde word nie terugbetaal nie.

3. Die gebruik van vuurwerke is STRENG VERBODE.

4.  Die verantwoordelikheid om behoorlik toesig te hou oor babas, kleuters en kinders berus by die persoon in wie se sorg hulle die oord binne kom.

5. Alle geriewe op die oord en in besonder die swembad, en die wipmatte word op eie risiko deur besoekers gebruik. ATKV aanvaar nie aanspreeklikheid vir enige beserings of skade wat mag voortspruit uit die gebruik daarvan nie en ook nie vir enige beserings of skade wat besoekers by die oord sou opdoen nie.

6. Besoekers neem op eie risiko deel aan die groepsaktiwiteite wat die oord organiseer.

7. Besoekers bring hul eiedom op eie risiko na die terrein. Die oord is nie aanspreeklik vir die diefstal of verlies daarvan nie.

8. Besoekers word versoek om die rustigheid van die omgewing te alle tye te eerbiedig en nie musiek of musiekinstrumente hard te speel nie. Na 23:00 moet absolute stilte in die oord gehandhaaf word.

9. Daar mag nie in enige van die swembaddens geëet of gedrink word nie. Geen alkoholiese drank mag in die omgewing van die swembaddens gebruik word nie.

10. Besoekers is verantwoordelik vir alle toerusting in die eenhede wat hulle huur en moet enige artikels wat breek of tydens hulle besoek wegraak, vergoed.

11. Besettingstye: Huisvesting en kampering vanaf 14:00 

      Vertrektye: Woonwaens 09:00 en rondawels om 09:00

12. Bestuur asseblief versigtig op al die paaie van die oord en moenie vinniger as 20 km per uur ry nie.

13. Die samewerking van besoekers word gevra om alle gebreke of foute wat op die terrein opgemerk mag word, dadelik onder die bestuur se aandag te bring.

14. Geen leë bottels, houers of ander vullis mag gestrooi word nie. Plaas dit asseblief in die houers wat vir die doel aangebring is.

15. Besoekers moet by hul vertrek die sleutels van hulle eenhede by die ontvangskantoor of by die hekwag inhandig.

16. Geen troeteldiere, motorfietse of enige petrol- of batteryaangedrewe en ongelisensieerde voertuie word op die oord toegelaat nie.

17. Daar mag slegs op die aangewese vuurmaakplekke vuur gemaak word. Geen vure mag op die grond gemaak word nie.

18. Besoeke deur kuiergaste moet vooraf met ontvangs gereël word en word slegs vanaf 08:00 tot 17:00 toegelaat. Besoekersgaste se voertuie moet by die aangewese parkeerarea parkeer word.

19. Kru taalgebruik soos vloek- en skelwoorde word nie toegelaat nie.

20. Geen diskriminasie teen enige persoon op grond van ras of geslag word toegelaat nie.

21. Drankgebruik word beperk tot die wooneenhede. Drank mag op geen ander plek op die oord gebruik word nie.

22. Fietse en skaatse word nie by die swembaddens of die gebied om die winkel toegelaat nie.

23. Besoekers word versoek om nie die wilde diere bv. ape (indien enige) te voer nie. Hulle natuurlike eetgewoontes word ontwrig en hulle raak aggressief as hulle geterg word of nie hulle sin kry nie. Die gevolge is lelike bytwonde. Verwilder asseblief die ape om u eenheid of kampeerplek en moet hulle onder geen omstandighede voer nie. Die enigste alternatief tot hierdie versoek is om die ape van kant te maak.

24. Om dit vir almal gerieflik en aangenaam te maak, versoek ons u vriendelik om nie "gazebo's" by die swembadarea op te slaan nie. Slegs strandsambrele sal toegelaat word sodat daar vir al ons besoekers plek op die gras om die swembaddens sal wees.

Ons vertrou dat u die tydjie hier sal geniet - kom gerus weer!

VOORWAARDES VAN VERBLYF EN BESOEK

1. Die eienaar, sy verteenwoordigers, werknemers of enige iemand wat poog om namens die eienaar op te tree, is nie aanspreeklik vir:-

1.1 enige verlies van of skade om die eiendom van enige gas, inwoner of besoeker, hetsy sodanige verlies of skade deur brand of diefstal of andersins veroorsaak is en sodanige verlies of skade veroorsaak is deur nalatigheid of 'n onregmatige daad van enigeen in diens van die eienaar, die eienaar self of wat andersins poog om namens die eienaar op te tree.

1.2 enige persoonlike beserings van welke aard ookal, wat opgedoen word deur 'n gas, inwoner of besoeker, ongeag of sodanige persoonlike beserings veroorsaak is deur die nalatigheid of onregmatige daad van enige persoon in diens van die eienaar, die eienaar self of enige ander persoon, alternatief tot die mate as wat dit veroorsaak mag wees deur die foutiewe werking van enige toerusting, eiendom of toestel van die eienaar.

2. enige persoon wat hierdie register teken en vergesel word deur enige ander persoon/besoeker, vrywaar en stel die eienaar skadeloos van enige aanspreeklikheid teenoor sodanige ander persone, insluitend gaste en mense wat die persoon vergesel in die gevalle soos uiteengesit in die voorwaardes in paragraaf 1 (1.1) en (1.2) hierbo. Sondanige persoon word gesien as te bevestig dat hy/sy bewus is van die aard van sodanige skadeloosstelling.

3. u aandag word spesifiek gevestig op die bepalings van artikel 45, 46 en 47 van Wet 27 van 1989, waarvan 'n afskrif vertoon word.



[Terug na die vorige bladsy][Terug na bo]