Wat sê die besoekers
Goeie dag,
Net 'n vinnige woord van dank aan jul oord, personeel en almal betrokke by die ontvangs, hanteer, verblyf, kosgee en geduld tydens die besoek van die Hoërskool Klerksdorp se sporttoer aan die Wes-Kaap en Boland.
'n Besondere woord van dank aan Freek Matthews vir die professionele wyse waarop ons oor die afgelope klompie maande kon saamwerk om aan hierdie toer gestalte te kon gee.
Voorspoed met jul aktiwiteite, ons maak graag weer van jul dienste gebruik.
Johan Badenhorst JB Train Tours
Aan Bestuur en Kongresdienste
Na afloop van die 2008 kongres by Goudini Spa, wil ek as afgevaardigde, u en die personeel gelukwens met die waardige manier waarop die kongres hanteer is.Dit was werklik lekker om deel te kon wees van so 'n organisasie, en nou nog meer om uit te kom vir Afrikaans.
Baie geluk aan die nuut verkose direksie lede, wees verseker van ons volgehoue ondersteuning en vertroue in u en u vermoë om die regte besluite te neem namens ons.
Beste wense van al die dames van die dames tak in Kroonstad.
Tammy Viljoen
Beste Kollegas
Ek sit nog hier in die pragtige berge van die Boland en die enigste probleem is dat die verbinding met die bediener daar in Randburg ONTSETTEND stadig is. Om hier te wees maak dit natuurlik alles die moeite werd, behalwe dat ek nie weet wanneer julle hierdie e-pos gaan kry nie.
Ek wil graag langs hierdie weg vir almal wat 'n aandeel gehad het om die kongres so glad te laat verloop baie geluk sê maar ook baie dankie sê vir die insette wat gelewer is. Soos ek Saterdagaand gesê weet 'n mens mos dat as alles so glad verloop 'n klomp mense baie hard (en slim) gewerk het. Hiervoor my en die direksie se opregte waardering en 'n klein tasbare blykie van waardering sal nog later verskyn. Julle weet dat ek maar kla as ek dink dit is nodig, maar hierdie keer het ek nie een klagte gekry wat enigiets met die organisering van die kongres te doen het nie (wel 'n paar ander soos julle ook gehoor het) en dit dui op 'n taak WEL GEDAAN!
Nogmaals baie, baie dankie!
Met vriendelike groete,
Johan van Schoor Môre Goudini
Aan almal van jul by Goudini Spa wat weereens bewys het dat die ATKV-TOP PERSONEEL het wat enige uitdaging kan "challenge" en suksesvol afhandel - baie baie dankie vir 'n baie suksesvolle kongres. Ek kan jul verseker dat ek baie trots is op almal van julle !
Chris - jy het 'n top span - dankie vir jul skitterende werk !
Mooi dag aan jul almal !
Vriendelike groete,
Schalk Cilliers Goudini Spa, baie dankie vir weereens 'n lekkkkkker lede naweek al was daar geen programme nie, maar die bedaagsaamheid van u vriendelike werkers bv. die dames in die ontvangs Rebeka en Sonia dankie vir julle moeite om 'n moeilike klient soos ek te hanteer ha ha ha. Dankie aan die goeie sekuriteit naamlik mnre Jaco, Ismail, Jan en Aaron, hou so aan julle is van goeie gehalte en dit kom van 'n ervare polisieman. Julle nuwe geboue kom ook mooi aan sterkte aan almal en dankie weereens! Van die Hendricks-familie van Mitchell's Plein Rashaad Hendricks [visas@millway.co.za] - 2008-08-04 Mev . E Booys Moraviese kerk Blue Downs Eerste rivier Tel 4403150/9 12 Oktober 2007
Geagte Sandra
Hiermee wil bogenoemde groep u hartlik bedank vir die goeie diens wat u vir ons gelewer het tydens ons verblyf die naweek van 5 Oktober tot 7 Oktober2007. Dit was vir ons 'n totale vreugde om te kon deel in u behulpsaamheid, vriendelikheid, netheid van die woonhuise en goeie organisasie
Service is the life blood of any organization, everything flow from it, and is nourish by it. Customers service is not a department it is the attitude.
Wees verseker van ons steun en positiewe aanbeveling
By voorbaat dank Moraviese kerk groep blue downs
Mev E Booys
Via e-pos
Leonard
Graag wil ek vir een en almal by Goudini-Spa baie, baie dankie sê vir 4 onvergeetlike nagte by Slanghoek-huisie nr. 15.
Vandat ons daar aangekom het was alles net reg en lekker. Die kantoorpersoneel was vriendelik, die huisies getuig van goeie smaak, die skoonmakers was vriendelik en behulpsaam, die terrein is netjies en skoon, die uitsig
ongelooflik ............ in kort, dit was 'n onvergeetlike 4 dae van wegbreek en ontspan! En 'n duisend dankies ook vir jou vriendelikheid en behulpsaamheid! Julle is 'n wenspan.
Wees verseker dat ons jul oord sal bemark waar ons kom!
Lekker dag verder daar in die paradys!
Groete,
Christa van der Westhuizen Wellington
|