Akkommodasie
    ATKV-Lidmaatskap
    Besienswaardighede
    Besoekersvoorwaardes
    Besprekings bepalings en voorwaardes
    Besprekingsversoek (aanlyn)
    Besprekingsversoek (drukbaar)
    Dagbesoekers (slegs ATKV-lede)
    Dagboek
    Historiese Oorsig
    Kiekiekyk
    Kontakbesonderhede
    Ontspanning
    Oordplan
    Puntestelsel vir bespreking
    Reisigersinligting
    Restaurant
    Roetekaart
    Sê jou sê
    Sosiaal maatskaplik
    Spesiale Aanbiedinge en Promosies
    Tariewe
    Virtuele Toere
    Wat sê die besoekers
    Waterveiligheid
Sosiaal maatskaplik

ATKV- Goudini Spa se dagsorgsentrum
Goudini se dagsorgsentrum het in 2003 ontstaan met behulp van 'n bydrae deur die ATKV se damestakke. Die opening is waargeneem deur Alice Maartens, voorsitter van die dameskomitee.  

Die dagsorgsentrum bestaan uit 'n paar vertrekke asook 'n goed toegeruste speelparkie. Die hoofdoel van die dagsorgsentrum is bekostigbare toesigsorg aan babas en kleuters van ouers wat op die oord werk. Daar is tans twee voltydse dames wat toesig hou en die getal kinders wissel tussen 15 en 20. Dit is ook baie gerieflik vir die ouers, aangesien die sentrum by die woonkwartiere geleë is en die kleintjies kan dan maklik soggens voor werk daar gelaat word.  

ATKV- Goudini Spa se dagsorgsentrum opening fotos

ATKV-Goudini Spa se sopkombuis
Nog 'n projek waarmee die oord al ongeveer vier jaar besig is, is ATKV-Goudini se sopkombuis. Vrywillige personeel dra maandeliks 'n bedraggie by waarmee kruideniersware gekoop word. Hieruit maak die oord weekliks 'n kospakkie op vir 'n behoeftige gesin onder die personeel. Weens finansiële oorsake en die groottes van gesinne is daar maar altyd nood. Die kospakkie bestaan uit 'n groot  verskeidenheid basiese voedselsoorte wat 'n gesin maklik 'n week of langer oor die weg kan help. 

ATKV-Goudini Spa se biblioteek
Die afgelope tien  jaar bedryf die oord ook ‘n  biblioteek. Die voorraad is opgebou uit skenkings (baie van  ATKV-damestakke), asook ‘n  aantal afskrywings by Worcester se streekbiblioteek. Meeste van die boeke was in 'n redelik goeie leesbare toestand.Die oordbestuurder, Chris Hugo stel ook jaarliks 'n bedrag beskikbaar waarmee die oord 'n paar nuwe boeke, legkaarte, ens. aankoop. 

Aanvanklik het die oord se kinders baie van die biblioteek gebruik gemaak vir skoolprojekte,  maar met die beskikbaarheid van rekenaarinligting, het die klem teruggeskuif na lees. Die biblioteek is heel oulik ingerig met 'n paar rakke, tafeltjies en stoeltjies, 'n rusbank asook opvoedkundige plakkate. Daar is darem altyd 'n paar getroue lesers wat van tyd tot tyd vir hulle 'n paar leesboeke kom uitneem. Die doel met die beskikbaarheid van boeke op die oord is om 'n liefde vir lees te ontwikkel

 



[Terug na die vorige bladsy][Terug na bo]