Wen 'n vakansie terme en voorwaardes

Hou kommervry vakansie met 'n aanbod vir die hele gesin!

Bespreek jou middel-van-die-week-wegbreek (minimum 3 aande) vanaf 1 Maart 2009 tot 31 Oktober 2009 by enige van die ATKV se ses oorde en kry waarde soos min! Staan 'n kans om 'n hele 2-weke gesinsvakansie vir ses mense te wen vanaf 19 Desember 2009 tot 2 Januarie 2010 by elk van die ATKV se ses oorde! Die prys sluit gratis akkommodasie en nog vele meer in!

Geniet 'n unieke gesinsvakansie by enige ATKV-oord en vind uit waarom die ATKV-oorde bekend staan as van die veiligste, lekkerste wegbreekervarings in Suid-Afrika.

Bepalings en voorwaardes geld.

Bepalings en voorwaardes:

1. Akkommodasie is onderworpe aan beskikbaarheid.
2. U moet spesifiek vra vir die aanbod en kompetisie en sê waar u van die aanbod en kompetisie gehoor het.
3. Die aanbod en kompetisie geld vir besoekers aan die ATKV-oorde wat van kampering en akkommodasie gebruik maak.
4. Die aanbod en kompetisie geld nie vir konferensiegangers nie.
5. Die aanbod en kompetisie is geldig vir besoeke van 01 Maart 2009 tot 31 Oktober 2009.
6. Die aanbod en kompetisie sluit naweke, langnaweke en vakansieperiodes uit.
7. Pryse is nie oordraagbaar nie en / of omruilbaar vir kontant nie.
8. Die aanbod en kompetisie is oop vir almal wat 18 jaar oud of ouer is, buiten personeellede van die ATKV en die ATKV se oorde, of werknemers van die ATKV se reklame- of advertensie-agentskappe, of verwante maatskappye en / of onmiddellike gesinslede van diegene wat nie mag deelneem aan die kompetisie nie.
9. Die ATKV se oorde behou hulle die reg voor om enige element van die kompetisie na eie goeddunke te wysig.
10. Die prys sluit in ‘n 2-weke vakansie vir ses mense in by elk van die ses ATKV-oorde. Die vakansie is per oord waar die bespreking gemaak is, dus, indien ‘n besoeker ‘n bespreking op ‘n spesifieke ATKV oord doen, hy/sy net kwalifiseer vir ‘n vakansie by daardie spesifieke oord.
11. Die prys sluit in gratis akkommodasie vir ses mense in. Vervoerkostes na en van die spesifieke oord is vir u eie rekening.
12. Enige persoon wat deelneem aan die kompetisie bevestig deur deelname dat hy / sy al die bogenoemde reëls van die kompetisie aanvaar.
13. Die besluit van die beoordelaars in die “Wen-‘n-Vakansie” kompetisie is finaal.



[Terug na die vorige bladsy][Terug na bo]