Akkommodasie
    ATKV-Lidmaatskap
    Besienswaardighede
    Besoekersvoorwaardes
    Besprekings bepalings en voorwaardes
    Besprekingsversoek (aanlyn)
    Besprekingsversoek (drukbaar)
    Dagbesoekers (slegs ATKV-lede)
    Dagboek
    Historiese Oorsig
    Kiekiekyk
    Kontakbesonderhede
    Ontspanning
    Oordplan
    Puntestelsel vir bespreking
    Reisigersinligting
    Restaurant
    Roetekaart
    Sê jou sê
    Sosiaal maatskaplik
    Spesiale Aanbiedinge en Promosies
    Tariewe
    Virtuele Toere
    Wat sê die besoekers
    Waterveiligheid
Waterveiligheid

Waterveiligheid by ATKV-oorde
 
Met die komende Vakansieseisoen op hande is dit belangrik om net weer aan alle besoekers wat die ATKV-oorde gaan besoek te bevestig dat daar deurlopend deur die personeel gepoog sal word om vir u die geleentheid te skep om lekker te ontspan en uit te rus op ons oorde. Daarom is dit noodsaaklik dat daar klem geplaas word om seker te maak dat die gebruik van alle ontspanningsareas op eie risiko is maar dat daar altyd personeel beskikbaar en aan diens sal wees om by te dra dat u 'n onvergeetlike vakansie sal ervaar.
 
Een van die groot gevare is maar die swembaddens en daarom die versoek dat veral kinders wat nie kan swem nie altyd onder die toesig van ouers moet wees.

Daar word deurlopend, as deel van die vakansieprogramme, speletjies aangebied in die swembaddens en aangrensende terreine tot die swembadareas. Die Ontspanningsbeamptes wat programme aanbied word altyd bygestaan deur studente en addisionele personeel om te verseker dat goeie beheer met die aanbied van die programme toegepas word.  Maak veral seker dat u bewus is van die dienstye van die lewensredders.

Die ATKV oorde maak ook gebruik van noodhulp instansies en paramediese-verenigings om van hulp te wees as daar enige ongelukke en/of noodgevalle by die oorde voorkom. Die personeel ondergaan deurlopende noodhulp opleiding en daar word selfs gevorderde kursusse op die oorde aangebied. Tog is die betrokkenheid van die ATKV-personeel slegs om 'n stabiliseringsrol te speel en dan die paramediese toe te laat om die meer professionele diens te lewer. Dus is daar noodhulp by al die oorde deurlopend beskikbaar asook die kontakbesonderhede van mediese instansies indien benodig sou word.

Geniet die vakansie

ATKV-oorde groete,

Schalk Cilliers
Uitvoerende direkteur: Sake



[Terug na die vorige bladsy][Terug na bo]