Akkommodasie
    ATKV-Lidmaatskap
      Lidmaatskapaansoekvorm
    Besienswaardighede
    Besoekersvoorwaardes
    Besprekings bepalings en voorwaardes
    Besprekingsversoek (aanlyn)
    Besprekingsversoek (drukbaar)
    Dagbesoekers (slegs ATKV-lede)
    Dagboek
    Historiese Oorsig
    Kiekiekyk
    Kontakbesonderhede
    Ontspanning
    Oordplan
    Puntestelsel vir bespreking
    Reisigersinligting
    Restaurant
    Roetekaart
    Sê jou sê
    Sosiaal maatskaplik
    Spesiale Aanbiedinge en Promosies
    Tariewe
    Virtuele Toere
    Wat sê die besoekers
    Waterveiligheid
ATKV-Lidmaatskap

LIDMAATSKAPVOORDELE

Vir R47,00 per maand of R141,00 per kwartaal of R282,00 halfjaarliks of R564,00 per jaar (BTW ingesluit), geniet u as lid die volgende voordele:

(Ledegeldverhoging vind jaarliks plaas op 1 April - vanaf 1 April 2009 is ledegeld R47 per maand)

(Let wel: Internasionale lede betaal 'n addisionele koste vir posgeld)

BETALINGSMETODES

U kan betaal per

  • debietorder
  • kredietkaart (slegs by ATKV se hoofkantoor in Randburg)
  • kontant 

ATKV-WAARDES

Die ATKV
word as kultuurorganisasie gekenmerk deur sy Christelik–Bybelse grondslag.
Die ATKV diskrimineer nie teen enige persoon op grond van ras of geslag nie.
Die ATKV is verbind tot professionele gedrag en etiese standaarde in al sy optredes.
Die ATKV bedryf al sy aktiwiteite volgens gesonde sakebeginsels.
Die ATKV respekteer die menswaardigheid van sy werknemers as onmisbare bate.
Die ATKV beskou sy lede en kliënte as sy belangrikste bate.

AFRIKAANSE TAAL EN KULTUURBEVORDERING

Namens en vir alle ATKV-lede.

BOEKVOORDEEL

Een gratis boek per jaar en afslag op die aankoop van sommige boeke by LAPA Uitgewers.

BYKOMENDE VERDIENSTE

Werf nog ATKV-lede en verdien 'n kommissie van R60 per lid. Wanneer daar 'n lid gewerf word, verdien u ook punte vir lojaliteit op die ATKV se lojaliteitstelsel.

KORTING

Korting van 20% tot 30% op huisvesting of kampering by enige van die ATKV se ses puik oorde na 6 maande lidmaatskap. Hierdie korting word bereken na gelang van u lojaliteitstatus(sien lojaliteitstabel vir verduideliking). Die hooflid of gade moet teenwoordig wees om te kwalifiseer vir die afslag. Besprekings vir die Desember-skoolvakansie sluit aan die einde van Januarie. Die afslag is slegs van toepassing op die eenheid wat deur die hooflid of sy/haar gade bewoon word.

Die indeling van die verskillende kategorieë word in die onderstaande tabel aangedui:

TIPE LID HOOFLID GADE PUNTE
Tydperk: Lidmaatskap

10 jaar lid

-

40 punte (4 punte per jaar)
Lede gewerf

2 lede gewerf

1 lid gewerf

6 punte (2 punte per lid gewerf)
Boeke by LAPA Uitgewers gekoop

R100 spandeer

R100 spandeer

2 punte (1 punt per R100 spandeer)
Aktief in tak Ja Ja

4 punte (2 punte per persoon)

Takbestuur Ja Nee

10 punte (10 punte per persoon)

Bywoon van Kongres Nee Ja

2 punte (2 punte per persoon)

Direksiekomiteelid (per jaar) Ja Nee

15 punte (15 punte maksimum per gesin)

STATUS: Goud (sien onderstaande toedeling)

   

TOTAAL: 79 punte

       
Aantal punte KATEGORIE VOORDELE  

0 - 24

Gewone 20% afslag by oorde  
25- 49 Brons 25% afslag by oorde  
50 - 74 Silwer 25% afslag by oorde  
75 - 99 Goud 27,5% afslag by oorde en word genooi na alle eindfeeste, eie reiskoste  
100+ Platinum 30% afslag by oorde en word genooi na alle eindfeeste, eie reiskoste  

ONGELUKSVERSEKERING

Die amptelike versekeraars van die ATKV sal 'n bedrag van R10 000 uitbetaal aan 'n wettige persoonlike verteenwoordiger van 'n volle lid van die ATKV wat tydens 'n ongeluk wêreldwyd sy lewe verloor, met dien verstande dat sodanige persoon se ledegeld ten volle betaal is en dat die betrokke ongeluk ontstaan het terwyl die volle lid as 'n betalende passasier gereis het in 'n openbare vervoermiddel soos 'n bus, huurmotor, trein, vliegtuig of boot. Hierdie voordeel geld slegs vir 'n hooflid tussen 15 n 70 jaar.

SKOOLHULPFONDS

'n Beperkte aantal beurse is beskikbaar om, waar daar 'n werklike behoefte bestaan, lede se kinders te help met skoolfonds of skoolklere. Aansoekvorms is by die ATKV-hoofkantoor beskikbaar. Die sluitingsdatum is 30 September van elke jaar.

STERFTEFONDS

Dekking vir gesinslede is soos volg:

  • Hooflid en gade - R2 000
  • Kinders: geboorte tot 5 jaar - R250
  • Kinders: 6 tot 13 jaar - R500
  • 14 jaar tot mondigwording of tot kind voltydse betrekking beklee (welke geval ook al eerste voorkom) - R2 000

Gepensioeneerde en lewenslange lede wat hierdie status voor 31 Augustus 1986 bereik het se Sterftefonds beloop R250. Die ledegeld is nie verhoog nie. 'n Persoon wat by toetrede jonger as 55 jaar is, word lid van die ATKV-Sterftefonds.

STUDIELENINGS

Die ATKV bied reeds die afgelope 78 jaar beurse en studielenings aan lede en hul afhanklike kinders.  In die afgelope studiejaar (2008) het die ATKV 147 aansoeke om studielenings ontvang waarvan 103 studente met studielenings gehelp is.  Altesaam R1,030 miljoen is toegestaan vir studielenings vir die betrokke jaar. 

Daarby is die ATKV se jaarlikse beursbedrag van R20 000 in 2009 toegestaan aan Hendrik Broekhuizen van die Paarl. Hendrik doen sy M Comm Ekonomie aan die Universiteit van Stellenbosch.

Van 1990 tot 2008 is sowat R12,281 miljoen toegestaan vir studielenings waarby sowat 2 103 studente gebaat het.  Sedert 1990 is die leningsbedrag van R1 000 per jaar na R10 000 per jaar verhoog.

Met die beoordeling van die aansoeke om studielenings word daar na behoefte en verdienste gekyk.  Die ATKV help studente tans met ? leningsbedrag van R10 000 per jaar.  Lenings word oor ’n tydperk van een en ? half keer die leningstydperk terugbetaal.

Die rentekoers beloop drie persent per jaar tydens die voltydse leningstydperk en word na agt persent verhoog sodra die terugbetaaltydperk begin. Aansoekvorms word van Aprilmaand af aan belangstellendes gepos en die sluitingsdatum vir aansoeke om studielenings is jaarliks 15 Oktober.

TYDSKRIF

Gratis ontvangs van die Taalgenoot (TG) - die ATKV se maandblad.

ABSA KORTTERMYNVERSEKERING

Absa Makelaars bied lede van die ATKV die beste in voertuig en huishoudelike versekering teen uiters kompeterende pryse. Vir 'n gratis kwotasie, skakel Absa direk by 0860 111 555.

AFSLAG OP HUISLENINGS

Lede van die ATKV kwalifiseer vir tot 1% afslag op huislenings by Absa Bank. Hierdie afslag sal slegs toegestaan word indien geen ander afslag reeds op die huislening toegestaan is nie.
Vir meer inligting kontak u naaste Absa-tak by (011) 507-8775. Praat met mnr. Gavin Liebenberg en verwys na omsendbrief nr. 218/2002.

OU MUTUAL GROEPSKEMAS

Die volgende planne is onder hierdie skema beskikbaar:

  • Termynplan
  • Voordeelbouer (met of sonder OBV)
  • Begrafnisplanne vir die gesin en familie
  • Beleggingplan
  • Beleggings-multiplan
  • Enkelpremie-beleggingsplan

Vir meer inligting kontak Ou Mutual se dienssentrum by 0860 607 000.



[Terug na die vorige bladsy][Terug na bo]