WELKOM BY ATKV-GOUDINI SPA
In die Hartjie van die Bolandse Berge
Neem asseblief kennis:
Beste ATKV-Goudini Spa-gaste,
Ons wil graag ons gaste in kennis stel dat ATKV-Goudini Spa deur die onlangse storms ernstig geaffekteer is. Gevolglik is die oord tydelik gesluit en sal dit weer op 25 Mei 2026 heropen. Gaste met bestaande besprekings kan hul bespreking na ’n toekomstige datum verskuif of ’n kansellasie versoek.
Neem asseblief kennis dat die oord tans geen elektrisiteit, Wi-Fi of telefoonlyne het nie. Kontak asseblief sentrale besprekings vir bystand of enige navrae of by 011 919 9092 of besprekings@atkv.org.za. Kantoorure is van Maandae tot Vrydae van 07:45-16:00.
Ons vra om verskoning vir enige ongerief wat veroorsaak is. Die veiligheid van ons gaste bly egter ons hoogste prioriteit, veral aangesien verskeie paaie gesluit is en sekere gebiede oorstroom is.
Dankie vir u begrip en geduld.
ATKV-groete
Akkommodasie
Welkom by ATKV-Goudini Spa – in die hartjie van die Bolandse berge, net buite Worcester. Omring deur majestueuse natuurskoon en wingerde bied hierdie gewilde oord die ideale ontsnapping vir gesinne, paartjies en natuurliefhebbers wat op soek is na rus, avontuur en gehaltetyd saam.
ATKV-Goudini Spa beskik ook oor moderne vierster-konferensiefasiliteite, wat dit die perfekte keuse vir professionele geleenthede in ’n inspirerende omgewing maak. Hier ontmoet ontspanning en uitnemendheid om elke besoek werklik onvergeetlik te maak.

Akkommodasie
ATKV-Goudini Spa bied ’n verskeidenheid selfsorgakkommodasie-opsies en volledig toegeruste kampeerterreine, wat voorsiening maak vir verskillende gesinsgroottes en -behoeftes.

Fasiliteite
Die oord beskik oor ’n gelisensieerde restaurant, winkel en ’n skoonheidsalon en spa op die perseel, asook ’n OTM en Halaal-gesertifiseerde wegneemetes.

Vermaak
Gaste kan onder meer warm binne- en buiteswembaddens, ’n koue buiteswembad, ’n waterglybaan, minigholf en staproetes geniet.

